Wheelers Books

Strydgedigte: Met Tekeninge Van Mario Mei ner

Strydgedigte: Met Tekeninge Van Mario Mei ner

Hierdie digbundel behels 'n reeks van 50 epiese gedigte wat as 'n kulturele monument ter ere van die Boere-Afrikanervolk verstaan word. Neergeskryf in 'n welluidende volkse verhaaltrant getuig hulle van daardie gedagtes wat nog steeds in ons harte brand: ons volk se innigste vryh... read full description below.

Sorry, this title is not currently available from any of our suppliers.

Quick Reference

ISBN 9781797040660
Barcode 9781797040660
Published 5 March 2019 by Independently Published
Format Trade Paperback/Paperback
Language Afrikaans
Author(s) Illustrated by Meiner, Mario
By Cohen, Peter
Availability Not currently available

... view full title details below.

Full details for this title

ISBN-13 9781797040660
ISBN-10 1797040669
Stock Out of stock
Status Not currently available
Publisher Independently Published
Imprint Independently Published
Publication Date 5 March 2019
Publication Country
Format Trade Paperback/Paperback
Language Afrikaans
Author(s) Illustrated by Meiner, Mario
By Cohen, Peter
Category Modern Fiction
Afrikaans
Number of Pages 144
Dimensions Width: 152mm
Height: 229mm
Spine: 9mm
Weight 222g
Interest Age General Audience
Reading Age General Audience
NBS Text General & Literary Fiction
ONIX Text General/trade
Dewey Code Not specified
Catalogue Code Not specified

Description of this Book

Hierdie digbundel behels 'n reeks van 50 epiese gedigte wat as 'n kulturele monument ter ere van die Boere-Afrikanervolk verstaan word. Neergeskryf in 'n welluidende volkse verhaaltrant getuig hulle van daardie gedagtes wat nog steeds in ons harte brand: ons volk se innigste vryheidstrewe vanaf die eerste roerings van ons geestelike volksbewuswording gedurende die 17e eeu tot vandag toe.Skitterende hoogtepunte uit ons geskiedenis soos die Groot Trek, die Geloftedag, die seges van Majuba en van die Afrikaanse taal maar ook bittere laagtepunte soos die vermoordinge van die Hugenote, op Slagtersnek en in die konsentrasiekampe word boeiend navertel. Eenparig betuig die dade van ons dapper Boeremanne, ons sterk vrouens en ons moedige kindere dat Engeland se infame bedeling van April 1994 vir ons volk onder geen omstandighede wat ook al aanvaarbaar is nie. Die oombliklike stand van ons volksepos met die rampspoedige uitwerking van die Groot Verraad van 1994 betuig dat ons vyande dit doelbewus ingerig het om ons volk te laat verstik aan die polities verewigde oormag van 'n getalryke andervolkige massa. Hierdie boek is dus 'n geesdriftige oproep aan die Boere-Afrikanervolk om moed en krag uit sy geskiedenis te skep en as 'n verenigde nasie op te staan sodat ons ons toekoms daadkragtig en spoedig ter hand kan neem. Ons kan! Ons wil! Ons sal! Dr. Peter Cohen stam af van 'n ou Pretoriase familie uit die tyd van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Hy is op 17 Mei 1937 in Johannesburg gebore. Daar was hy op Parktown Boys' High School en het die Diploma of Law (Witwatersrand), die Baccalaurius in Musiek met lof (Pretoria) en die Dokter der Philosophie (Hamburg) verwerwe. 'n Veelsydige geleerde, Dr. Cohen is 'n prokureur, pianis, komponis, musikoloog, senior lektor - en vryheidsdigter. Tans woon hy in Duitsland. Dr. Cohen was altyd aktief in die worstelstryd van ons volk - in die jare sestig in Pretoria as aktiewe lid van die Jeugbond van die Nasionale Party en veral sedert die skyn- en skandverkiesing van 1994 op die internet. Hy het in 2009 die pos van buitelandse voorsitter van die Boerejeug Verenigings Raad (BJVR) beklee en is tans Registrasie Beampte in Duitsland vir die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) en ook op die redaksiekommissie van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (praag.org). Mario Mei ner is op 2 Maart 1976 in Neuruppin, Duitsland gebore. Hy is 'n vryskutkunstenaar in Hamburg en presteer met sy talryke en boeiende grafieke. Sy nadenklike illustrasies, wat dikwels soos houtsnee voorkom, beeld trefseker en nadruklik die boodskap van die gedigte in hierdie bundel uit.

^ top

Awards, Reviews & Star Ratings

There are no reviews for this title.

^ top

Author's Bio

There is no author biography for this title.

^ top